Kljoetsjefskaja Sopka

Kljoetsjefskaja Sopka
Die berg Kljoetsjefskaja Sopka in Januarie 2007. Die berg Kljoetsjefskaja Sopka in Januarie 2007.
Ligging Kamtsjatka, Rusland
Hoogte 4 754 meter bo seevlak
Prominensie 4 649
Reeks Oostelike Bergreeks
Koördinate 56°03′21″N 160°38′38″O / 56.05583°N 160.64389°O / 56.05583; 160.64389Koördinate: 56°03′21″N 160°38′38″O / 56.05583°N 160.64389°O / 56.05583; 160.64389
Bergtipe Stratovulkaan (aktief)
Laaste uitbarsting 2021
Ligging van Kljoetsjefskaja Sopka op 'n kaart (Kamtsjatka-krai)
Kljoetsjefskaja Sopka
Kljoetsjefskaja Sopka
Die ligging in Kamtsjatka.

Die berg Kljoetsjefskaja Sopka (Russies: Ключевская сопка; ook bekend as Kljoetsjefskoi, Russies: Ключевской) is 'n stratovulkaan, die hoogste berg op die Kamtsjatka-skiereiland en in Siberië, Rusland, en die hoogste aktiewe vulkaan in Eurasië. Sy steil, simmetriese keëls toring sowat 100 km bo die Beringsee uit. Die vulkaan is deel van 'n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Kljoetsjefskaja het sowat 6 000 jaar gelede ontstaan.[1] Sy eerste aangetekende uitbarsting het in 1697 voorgekom,[1] en sedertdien was dit feitlik onophoudelik aktief, nes baie naburige vulkane. In 1931 is verskeie bergklimmers gedood deur lawa wat deur die lug getrek het toe hulle na onder klim. Omdat dieselfde soort gevare vandag dreig, klim min mense die berg.

Sommige inheemse volke beskou Kljoetsjefskaja Sopka as heilig en glo dit is waar die wêreld geskep is. Ander berge in die gebied word ook as heilig beskou, maar Kljoetsjefskaja Sopka is die heiligste van hulle.

  1. 1,0 1,1 "Klyuchevskoy: Eruptive History". Global Volcanism Program. Smithsonian Institution. Besoek op 2021-06-25.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search